Afrikaanse Ouskool Medley

Iemand het 'n lappop
Op die ashoop weggegooi
Sy was gedaan en stukkend
Verbleik en nie meer mooi nie

Op die ashoop hoor sy stemme praat
En die verwelkom haar
Maar o ellende toe sy kyk
Wat sien die lappop daar?

Net 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen
'n Grammefoonplaat en 'n kous sonder maat
Net 'n leë bottel bier 'n verlepte angelier
'n Gelapte binneband en 'n ou koerant

Ja die vrot pampoen en die stukkende skoen
Die grammefoonplaat en die kous sonder maat
Net die leë bottel bier die verlepte angelier
Die gelapte binneband en die ou koerant

Ver in die ou Kalahari
Daar sing die boere so
Gee my die ou Kalahari die ou Kalahari bo

Wyd met die eindlose vlaktes
Kameeldoringboom en sand
Eensame vreedsame wêreld
Die ou Kalahari land

Sonbesies sing in die bosse
Die hittige son te versmaai
Rooi Afrikaner osse
Sien jy om elke draai

Ver in die ou Kalahari
Daar bly die Malopo
Gee my die ou Kalahari
Die ou Kalahari bo

Ou ryperd
Ons ry die pad tesame
Ou ryperd
So deur die lewensbane

Wanneer jou rydag oor is
Gaan jou ou lyf lekker rus
Jy ou ryperd van my

Jaag maar aan ou maat
Die maan skyn helder vanaand
Jaag maar aan ou maat
My nooientjie sy wag daar vanaand

O hoor hoe tjank die jakkals oor die rivier se brug
En dra my op jou lekker ou rug
Na my nooi Sannie
Die dogter van Tant Hannie op die plaas

Jippie jippie jip
Jippie jippie jip
My ou perd
En daar is voer en rus
En jy doen jou bes my ou perd

Dra my oor die rivier se brug
Dra my op jou lekker ou rug
Na my nooi Sannie
Die dogter van Tant Hannie op die plaas

Sing seeman sing
Jou lied wat heimwee bring
Die groot oseaan sal jou hart verstaan
Al jou liefde en verlange

Sing seeman sing
Jou lied wat blydskap bring
Die groot oseaan het jou hart verstaan
Al jou liefde en verlange
Al jou liefde en verlange

Dit is stil in die wind, in die park loop ʼn kind
En daar’s trane op haar wang
Met ʼn vuil handjie teer
Probeer sy dit keer
Maar dit val voor op die sand

Daar's 'n blik in haar oë soos dit kan ek nie glo
Vertel sy dan aan my
Met snikkend haar woord soos 'n gebroke akkoord
Vertel sy dan aan my

Gee haar 'n roos
'n Roos vir haar
Gee haar 'n roos
Dis al wat sy vra

Gee haar 'n roos
'n Roos vir haar
'n Mooi wit roos
Dis al wat sy vra
'n Mooi wit roos
Dis al wat sy vra

Canzoni più popolari di Andriette

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)