Wanneer Kom Die Krag

Vergewe
Sal jy my ooit kan vergewe?
Die jare bring 'n nuwe wete
Ek sien 'n ander beeld van my

Belowe
Wat het ek als aan jou belowe?
Was daar dan twyfel in my oë?
As jy dan net by my wil bly

Waarom fluister ek jou naam nog?
Hoor ek steeds jou stem?
Ek sien jou lewensgroot hier staan nog
Ag, het ek jou maar nooit geken?

Waarom sien ek steeds jou glimlag?
Kan ek jou weer wen?
Sal ek lank nog hier alleen wag?
Ag, het ek jou maar nooit geken?

Onthou jy
Onthou jy soms die kamer mure?
Onthou jy dalk ons liefdes ure?
Die wonder tye saam met my?

Ek dink soms
Jou weg gaan maak nie seer nie
En woorde tel nie meer nie
Dat ek sonder jou kan bly

Waarom fluister ek jou naam nog?
Hoor ek steeds jou stem?
Ek sien jou lewensgroot hier staan nog
Ag, het ek jou maar nooit geken?

Waarom sien ek steeds jou glimlag?
Kan ek jou weer wen?
Sal ek lank nog hier alleen wag?
Ag, het ek jou maar nooit geken?

Waarom fluister ek jou naam nog?
Hoor ek steeds jou stem?
Ek sien jou lewensgroot hier staan nog
Ag, het ek jou maar nooit geken?

Waarom sien ek steeds jou glimlag?
Kan ek jou weer wen?
Sal ek lank nog hier alleen wag?
Ag, het ek jou maar nooit geken?

Canzoni più popolari di André Schwartz

Altri artisti di Crooner