André Schwartz - Hitmix

Die dag het verdwyn, net die eensaamheid roep my
Jy en hy stap hand aan hand verby
Ek sien jy kyk weer ‘n keer na my
‘n Engel gelag en lyk net soos jy

Elke nag droom ek ‘n duisend drome
Net om jou te sien
Dan kan ek wegraak in jou oë
Droom jy ook miskien?

Dis al wat ek het van jou
Om styf vas te hou
Elke nag droom ek ‘n duisend drome van jou

Ek stap nog gereeld by daardie plek verby
Ek soek jou oë, jou mond, dit spook by my
Ek wens jy kyk weer ‘n keer vir my
‘n Engel gelag en lyk net soos jy

Elke nag droom ek ‘n duisend drome
Net om jou te sien
Dan kan ek wegraak in jou oë
Droom jy ook miskien?

Elke nag droom ek ‘n duisend drome
Net om jou te sien
Dan kan ek wegraak in jou oë
Droom jy ook miskien?

Dis al wat ek het van jou
Om styf vas te hou
Elke nag droom ek ‘n duisend drome van jou

(Klaar met my)
(Klaar met my)
(Klaar met my)
(Klaar met my)
(Klaar met my)
(Klaar met my)
Verlief op ‘n ander en nie meer op my
Vergeet ek is sterker, sterker as gister
Selfs jou naam gaan my nou verby

Jy sê dis verby, jy sê jy's klaar met my
Verlief op ‘n ander en nie meer op my
Vergeet ek is sterker, sterker as gister
Selfs jou naam gaan my nou verby

Jy sê dis verby, jy sê jy's klaar met my
Verlief op ‘n ander en nie meer op my
Vergeet ek is sterker, sterker as gister
Selfs jou naam gaan my nou verby

Ek kon sien jy dink jy het my
Soos soveel andere gevang
Vergeet ek het die boek geskryf
Die bloudruk van jou plan

Ek ken elke skryf, ken elke gebaar en ek ken ook die effek
Maar hoe sê jy vir die hemel nee, as jy lyk soos daardie nag?

Jy sê dis verby, jy sê jy's klaar met my
Verlief op ‘n ander en nie meer op my
Vergeet ek is sterker, sterker as gister
Selfs jou naam gaan my nou verby (Jy sê dis verby)

Het dit dan nooit ooit geweet nie
Hoe ek oor jou voel
Ek wil dit nooit aan jou wys nie
Want jy was altyd so koel

Maar vanaand toe ek jou in die deur sien
Was daar iets weerloos in jou
Dis toe dat ek weet ek sal jou altyd, altyd hier hou

Met jou in my lewe
Kan ek soveel vermag
Dis die aand van die Oujaar dat ek toe geweet het ek vir jou sou wag

Met jou in my lewe
Behoort die wêreld aan my
Die toekoms is ons'n, weg is die verlede, jy sal altyd hier bly

Sonder jou hier by my
Met tye was ek alleen
Tog kon ek die liefde weer terug wen want hier is jy

Met jou in my lewe
Behoort die wêreld aan my
Die toekoms is ons'n, weg is die verlede, jy sal altyd hier bly

Met jou in my lewe
Kan ek soveel vermag
Dis die aand van die oujaar dat ek toe geweet het ek vir jou sou wag

Met jou in my lewe
Kan ek soveel vermag
Die toekoms is ons'n, weg is die verlede, jy sal altyd hier bly

Canzoni più popolari di André Schwartz

Altri artisti di Crooner