Waar Is Jy Vanaand?
Waar is jy?
Waar is jy vanaand?
Hoe het jy uit my lewe verdwyn?
Vir altyd van my vergeet?
Hier sit ek en ek wonder
Ek wonder en verlang na jou
Nou dat jy jouself besit
En jou lewe behoort aan jou
Mis ek jou en verlang ek
Verlang ek my dood na jou
Ja die lewe is 'n kring, 'n kring
Waar is jy, waar is jy, waar is jy
Vanaand?
Ja 'n kring van liefde en haat
So ek vra nog net een kans
Net 'n tyd saam met jou
Liefde ek en jy alleen
Ons drie alleen, nog net een kans (Net een kans)
Net een kans, net een kans vir ons (Net een kans)
Net een kans, 'n oomblik alleen
Die liefde ek en jy
Ja die lewe is 'n kring, 'n kring
Waar is jy, waar is jy, waar is jy
Vanaand?
Net 'n kring van liefde en haat
Net 'n kring van vreudge en smart
Wat kom en gaan soos dit wil
Beter begin, aan te gaan
In 'n kring van liefde en haat
'n Kring van vreudge en smart
So gee ons nog net een kans ja
Die liefde, ek en jy
Die lewe, ek en jy
Waar is jy vanaand?
Die lewe is 'n kring
Net een kans saam met jou
In hierdie kring
Die lewe is 'n kring, 'n kring
Waar is jy, waar is jy, waar is jy
Vanaand?
Die lewe is 'n kring, 'n kring
Waar is jy, waar is jy, waar is jy
Vanaand?
Die lewe is 'n kring, 'n kring (Die lewe)
Waar is jy, waar is jy, waar is jy
Vanaand? (Die lewe)
Ja die lewe is 'n kring, 'n kring (Die lewe)
Waar is jy, waar is jy, waar is jy
Vanaand?