Trap In My Spore
Ek stap deur die strate en ek is verlore
Almal kyk fronsend op na bo
Wie het verlos en die asems gegee?
Ek was dalk verkeerd maar ek gaan weer probeer
So trap in my spore al is ek verlore
Want niks gaan ons nou keer nie
Ek wag vir jou antwoord want alles hier gaan dood
Sonder jou kan ek nie leef nie, ek kan jou asem hoor
Jy praat van die hede oop skure gebeure
Maar ek wil eintlik net vir jou sê
Daai berg aan die oorkant was dalk die oorsaak
Ja dis net ons wat nou hier lê
So trap in my spore al is ek verlore
Want niks kan ons nou keer nie
Ek wag vir jou antwoord want alles hier gaan dood
Sonder jou kan ek nie leef nie, ek kan jou asem hoor
Daar's net ‘n paar ure oor
Voor ons die pad moet vat
Gee vir my jou linkerhand
Onthou jy die eerste keer?
Sal vir jou my lewe gee
As ons net terug kon gaan
Alles opreg en spontaan
So trap in my spore al is ek verlore
Want niks gaan ons nou keer nie
Ek wag vir jou antwoord want alles hier gaan dood
Sonder jou kan ek nie leef nie
So trap in my spore al is ek verlore
Want niks gaan ons nou keer nie
Ek wag vir jou antwoord, sonder my is jy ook dood
Maar dalk sal ons nooit weet nie