Seuntjie

Ek sien ‘n seuntjie skool toe stap, in sy hand dra hy ‘n blou blou tas
Hy’t die mooiste bruin oë
En hy vroetel met ‘n skewe das en hy skop ‘n klip teen ‘n lamppaal vas
En hy lag met sy bruin, bruin oë

Kyk goed in my oë en jy sal daai seuntjie sien
En breek jy my hart is dit die klein seuntjie s'n
Luister na my woorde en jy sal daai seuntjie hoor
Hy praat oor dit wat seermaak, hy is bang vir verloor

Ek vra jou dink net twee keer
Ek vra jou dink net twee keer, want jy breek
My hart in twee

In sy tas is daar ‘n droom gepak en hy koop ‘n wens van die snoepie rak
Daar is trots in sy bruin bruin oë
Maar hy lees ‘n vers in ‘n grootmens boek van ‘n afdraaipad in ‘n dennebos
En daar's leed in sy bruin, bruin oë

Kyk goed in my oë en jy sal daai seuntjie sien
En breek jy my hart is dit die klein seuntjie s'n
Luister na my woorde en jy sal daai seuntjie hoor
Hy praat oor dit wat seermaak, hy is bang vir verloor

Ek vra jou dink net twee keer
Ek vra jou dink net twee keer, want jy breek
My hart in twee

Waar het ons verkeerd gegaan dat jy jou eie pad wil gaan?
Ek wil jou nie verloor nie

Kyk goed in my oë en jy sal daai seuntjie sien
En breek jy my hart is dit die klein seuntjie s'n
Luister na my woorde en jy sal daai seuntjie hoor
Hy praat oor dit wat seermaak, hy is bang vir verloor

Ek vra jou dink net twee keer
Ek vra jou dink net twee keer, want jy breek
My hart in twee

Canzoni più popolari di André Schwartz

Altri artisti di Crooner