Fotos
Die fotos in 'n raam spoel een vir een verby
En ek leef weer die kleure al vergeet
Die pixels op die skerm vorm beelde ry na ry
En ek ruik hierdie geure al vergeet
Daar's die Louvre in Parys
Die seiljag in Dubrovnik
Die tatieerplek in Soho
Daardie nag in Amsterdam
Die kasteel in Florence
Die volleybal speel in Rio
Die Central Park se piekniek
En Fuji in Japan
Maar die mooiste van die fotos
Die mooiste wat daar is
Is dié waarop jy is
Is dié waarop jy is
Maar die mooiste van die fotos
Die mooiste wat daar is
Is dié waarop jy is
Is dié waarop jy is
'n Skatkus, elke foto
En die skat daarin is jy
Maak my ryk en maak my beet en maak my bly
Emosies toegedraai
In 'n oogwink vasgevang
Verweef in liefde, plek en tyd en jy
Daar's die gluwein in Aspen
Die Alhambra se mistiek
Die Taj Mahal se liefde
En Mykenos se strande
Dit was die groot muur in Sjina
Die middernag son in Noorweë
Die bosveld nag se vure
En Jerusalem se mure
Maar die mooiste van die fotos
Die mooiste wat daar is
Is dié waarop jy is
Is dié waarop jy is
Maar die mooiste van die fotos
Die mooiste wat daar is
Is dié waarop jy is
Is dié waarop jy is
Niks kan vergelyk nie met die liefde wat jy gee nie
Niks kan vergelyk nie met hoe ek oor jou voel
Daar's niks mooier as jy
Daar's die Louvre in Parys
Die seiljag in Dubrovnik
Die tatieerplek in Soho
Daardie nag in Amsterdam
Die kasteel in Florence
Die volleybal speel in Rio
Die Central Park se piekniek
En Fuji in Japan
Maar die mooiste van die fotos
Die mooiste wat daar is
Is dié waarop jy is
Is dié waarop jy is
Maar die mooiste van die fotos
Die mooiste wat daar is
Is dié waarop jy is
Is dié waarop jy is
Is dié waarop jy is
Is dié waarop jy is