Agter Die Masker
Agter die masker skuil ‘n man
Agter die masker huil ‘n man
Agter die masker leef sy seer
Agter die masker leef sy hart
Hy soek haar elke nag
Net sy verduld kan geld
Uit sy skadu wêreld vlug
Na daglig wat mag wag
As sy hom net kan liefhê
Verby die wond kon sien
Tot binne in sy siel
Sal sy hom van sy masker kan verlos
Liefde maak hom mooi
Liefde gee sy hart vlerke
Liefde bring bevryding
Uit ‘n wêreld bang van pyn
Agter die masker blink ‘n man
Agter die masker veg ‘n man
Agter die masker leef sy nood
Agter die masker leef sy hoop
As sy hom net kon liefhê
Verby die wond kon sien
Tot binne in sy siel
Sal sy hom van sy masker kan verlos
Liefde maak hom mooi
Liefde gee sy hart vlerke
Liefde bring bevryding
Uit ‘n wêreld bang van pyn
Sal sy hom van sy masker kan verlos?
Liefde maak hom mooi
Liefde gee sy hart vlerke
Liefde bring bevryding
Uit ‘n wêreld bang van pyn
Liefde maak hom mooi
Liefde gee sy hart vlerke
Liefde bring bevryding
Wat sy vrese laat verdwyn
Liefde maak hom mooi
Liefde maak hom mooi