Wintersop

Daar’s ‘n stukkie van jou wat ek wil hou
Dis die reuk van jou lyf wat aan my beddegoed klou
Met jou wintersop in ouma se pot
Hoe jy vir my lag as ek die WP spot

En die ketel op die stoof wat heeldag kook
Ruik na koffiemoer en na sigaretrook

Jy plaas jou blomme in my Bybel
En jy sê jy’s lief vir my
Maar ek mis jou wintersop
In ouma se pot

Jy plaas jou blomme in my Bybel
En jy sê jy’s lief vir my
Maar ek mis jou wintersop
In ouma se pot
O ek mis jou wintersop
In ouma se pot

Maar ek mis jou wintersop
In ouma se pot

Jou ruite lê spierwit gesneeu
En oupa klok tick uit die vorige eeu
En in ‘n fotoraam sien ek jou familie staan
By ‘n vakansieoord daar by Aliwal Noord

En die hond op die mat is ons steekhaar brak
Vlieg ‘n by in die huis jy sê dis lady luck

Jy plaas jou blomme in my Bybel
En jy sê jy’s lief vir my
Maar ek mis jou wintersop
In ouma se pot
Maar ek mis jou wintersop
In ouma se pot

Jy plaas jou blomme in my Bybel
En jy sê jy is lief vir my
Maar ek mis jou wintersop
In ouma se pot
Maar ek mis jou wintersop
In ‘n driepoot pot

Canzoni più popolari di Adam Tas

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)