Reën

Versteek die drome van jou hart in die skadus van 'n kremetart
En ek hoop die soet sag wolke teen die blou
Want ek stuur vir jou die donderweer op 'n visarend se rug meneer
En ek bid dat hy sy pad huis toe onthou

En ek leen vir jou 'n sondaar se gebede
Bid soggens van hoop en saans vir vrede
En ek worstel met die engel in die nag se swartste uur
Vra Jesus vir genade
En dat Hy vir jou die reën stuur

Mag die saad wat jy met jou mond plant tot by God se ore raak
En weergalm teen die hemel se plafon
Dat die vonkel in jou oë jou lei na 'n karnaval waar liggies skyn
En al die happiness jou daar verstom

Laat jou dagbreek sonder kommer kom geel soos God se sonneblom
En die sonlig sagkens op jou skouers rus
Miskien is ek die laaste een wat God mag vra om jou te seën
Maar die woorde is 'n bloeds belydenis

En ek leen vir jou 'n sondaar se gebede
Bid soggens vir hoop en saans vir vrede
En ek worstel met die engel in die nag se swartste uur
En vra Jesus vir genade
En dat Hy vir jou die reën stuur

En ek leen vir jou 'n sondaar se gebede (Sondaar gebede)
Bid soggens vir hoop en saans vir vrede (Saans vir vrede)
En ek worstel met die engel in die nag se swartste uur
En vra Jesus vir genade
En dat Hy vir jou die reën stuur

Curiosità sulla canzone Reën di Adam Tas

Quando è stata rilasciata la canzone “Reën” di Adam Tas?
La canzone Reën è stata rilasciata nel 2014, nell’album “Reën”.

Canzoni più popolari di Adam Tas

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)