Wenslys

Vanaand sal ek jou soek
Oor ‘n flikkerende kers
Vanaand sal ek jou roep
Oor ‘n onvoltooide vers

Want ons harte het geweet
Wat ons gewetes wou vergeet
En jy lieg moeilik vir ‘n hart
Sonder om vir hom te breek

Ek wens vir jou
Lemoenbloeisels uit ‘n mooi vallei
En skadubome langs die pad
Voor ons verder ry

Drome sonder heinings
Liefde sonder seerkry
En ‘n kamer in jou hart
Waar ‘n engel kan gaan bly

Aan die einde van my asem
Sal die woorde wat ek moes sê
Wat ek nou soos ‘n offer
By jou voete neer wou lê

Maar my lag voel soos ‘n leuen
Wat die werklikheid wegsteek
En net jy en jy alleen
Sal ooit hierdie waarheid weet

Ek wens vir jou
Lemoenbloeisels uit ‘n mooi vallei
En skadubome langs die pad
Voor ons verder ry

Drome sonder heinings
Liefde sonder seerkry
En ‘n kamer in jou hart
Waar ‘n engel kan gaan bly

Sal jy vanaand vir oulaas
In my asem kom blaas?
Sodat ek nog net eenkeer
‘n Gedig oor jou lyf kan blaas?

En heelnag langs jou sit
Om Antjie Somers te verjaag
En hopeloos te bid
Vir ‘n tweede kans vir ‘n tweede kans

Ek wens vir jou
Lemoenbloeisels uit ‘n mooi vallei
En skadubome langs die pad
Voor ons verder ry

Drome sonder heinings
Liefde sonder seerkry
En ‘n kamer in jou hart
Waar ‘n engel kan gaan bly

Canzoni più popolari di Adam Tas

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)