Sophia
Waar die leë lamp leepoog vir die dagbreek wag
Is ons gevang in ‘n spinnerak van ‘n eindelose nag
Ons beur voort na die oomblik waar lig donker oorwin
En ek struikel met my letsels by jou vergifnis in
Sing sag Sophia
Die nag kruip deur die krake
Bid lank Sophia
Die vyand wag in die laning
En sing sag Sophia
Die oorlog het ons albei verander
En staan sterk Sophia
Gaan was my bloed van jou hande
Sing sag Sophia
Sing sag Sophia
Daar’s ‘n wind wat skraal skadus vanaf die vloer oopwaai
En vergete gesange wat in die skoorsteen draai
En die oggend storm die horison met wraak in sy gemoed
Dan skink vir my die dagbreek in ‘n beker bittersoet
Sing sag Sophia
Die nag kruip deur die krake
Bid lank Sophia
Die vyand wag in die laning
En sing sag Sophia
Die oorlog het ons albei verander
En staan sterk Sophia
Gaan was my bloed van jou hande
En sing sag Sophia
Sing sag Sophia
Gaan was my bloed van jou hande
Die plaas kerkhof se rose sal vol dorings bly
Dit lê hier in die vrede stil en knus langs my
En sing sag Sophia
En sing sag Sophia
Sing sag Sophia
Die nag kruip deur die krake
Bid lank Sophia
Die vyand wag in die laning