Plaaskatedraal

As die Kalahari se brulsand roep
Stort ek onder my spilpunt in die maan se bloed
En die jakkals huil daar teen die rand my broer
As die wind die gars in die aandlig roer

As die sonbesies lê en die kameelhout brand
Die sterre skeur die hemel soos ‘n vêrkyk land
Gaan soek maar mooi jy sal my daar kry
Daar tussen die nares waar die gemsbok bly

Ek’s boer van wind en swaas
Van gras en water my plaaskatedraal
En ek bid my knieë ‘n vreemder nerf
Vir vrede en voorspoed op hierdie werf

Ek’s boer van wind en swaas
Van gras en water my plaaskatedraal

Deur my hare vloei daar ‘n soet fontein
Hy borrel soos ‘n Bybel vers met ‘n Dominee vol wyn
Kalahari katedraal staan so hemelhoog
Vir almal om te sien met die blote oog

Ek skryf ‘n skietgebed daar op ‘n sandduin neer
Met Psalm 23 om sy wang gesmeer
Staan oopmond en vang die druppels van bo
Hoe anders sal ‘n man wat in genade glo

Ek’s boer van wind en swaas
Van gras en water my plaaskatedraal
En ek bid my knieë ‘n vreemder nerf
Vir vrede en voorspoed op hierdie werf

Ek’s boer van wind en swaas
Van gras en water my plaaskatedraal
Ek’s boer van wind en swaas
Van gras en water my plaaskatedraal

Canzoni più popolari di Adam Tas

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)