Patatas en pyptabak

My oupa Daan het altyd gesê
Die Here het twee honde wat daar langs Hom lê
Hulle name is goedheid en guns
En hulle sal jou volg my seun
Waar jy gaan

Sy Afrikanerbees staan nou heup diep in die Smutsvingergras
En sy tjom deur se PTO maak die mooiste geraas
Hy plant patatas in die lanings
Daar so byekorwe daar

En hou oorlog in die kombuis
Sy maak ‘n skaapboudjie gaar
En by haar voete slaap goedheid en guns

Hy plant patatas en pyptabak
As sy koringlande lê
En sy beeste voer hy vet my heuning
En die eiers wat sy hoenders lê

Daar hang ‘n uitgooi sekelmaan
Hy bring die reën vir oupa Daan
Hy plant patatas en pyptabak
As sy koringlande staan

Oupa Daan laai sy pyp met Bokser
Skud die Lion meitjies in sy sak
Kyk die drade en loop die waters
As die laatmiddag son op hom bak

Hy was ‘n man van die kerk en die KB
Maar het selde oor beide gepraat
Vir ou Oorlog in haar kombuis
Was hy lief soos die Bosveld
En by hul voete slaap goedheid en guns

Hy plant patatas en pyptabak
As sy koringlande lê
En sy beeste voer hy vet my heuning
En die eiers wat sy hoenders lê

Daar hang ‘n uitgooi sekelmaan
Hy bring die reën vir oupa Daan
Hy plant patatas en pyptabak
As sy koringlande staan

Hy plant patatas en pyptabak
As sy koringlande lê
En sy beeste voer hy vet my heuning
En die eiers wat sy hoenders lê

Daar hang ‘n uitgooi sekelmaan
Hy bring die reën vir oupa Daan
Hy plant patatas en pyptabak
As sy koringlande staan
Hy plant patatas en pyptabak
As sy koringlande staan

Canzoni più popolari di Adam Tas

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)