Meob

Ek sweer die hemel lê op 'n Namib duin
Met die groot blou see wat agter die mis in verdwyn
Ons vat Jagermeister en putte op die sand
As die wolwe langs jou wei in hierdie Namib land

Dis die plek waar spookskepe op die water dans
En die manne sonder cruisers wat vloek in die mooiste Afrikaans

Gaan los my op Meob vanaand
O vergeet my op Meob vanaand

O die stokke en die rug soos ‘n hartaanval
As daai sturing braai jou vat
En wiederschauen my bra is die kreun wat ons dra
As ons dans met die visse in die woestyn

En wiederschauen my bra is die kreun wat ons dra
As ons dans met die visse in die woestyn
Van Duitswes Afrika

Bring jou kannetjie petrol en water as jy moet
Ons haak die hooggety aan die lang maan se hoek
Trap ‘n mossel uit en draai hom vas
En gooi hom in die water waar die botterkoppe jag

Vlek hom net oop en braai hom net daar
Op ‘n toeknyp rooster tot die lus en lekker bedaar

Gaan los my op Meob vanaand
O vergeet my op Meob vanaand

O die stokke in die lug soos ‘n hartaanval
As daai sturing braai jou vat
En wiederschauen my bra is die kreun wat ons dra
As ons dans met die visse in die woestyn

En wiederschauen my bra is die kreun wat ons dra
As ons dans met die visse in die woestyn
Van Duitswes Afrika

Canzoni più popolari di Adam Tas

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)