Karkas van haar valentine
Haar beloftes raak weg in die mis
Soos ‘n spookskip langs die Skedelkus
En haar Chivas Regal glimlag los my spookdronk laatnag
En ek wonder waar kruip sy weg vir my?
Of ek my missing pieces daar by haar sal kry?
Sy’s ′n Pandora's box vol nuwe sondes
′n Rondloop siel in vlees gebonde
Maar niemand is so doof soos 'n man wat nie wil hoor
En ek wonder wat skink sy in my glas vanaand?
Whisky vir die swerwer met sy hoed in sy hand
Ek lê haar saam met kwepers en canned fruit bottels in
Ek riem vir haar gebede in ons beste linne in
Maar sy wag vir my waar die aasvoëls draai
Bo die karkas van haar Valentine
Oh ho ho bo die karkas van haar Valentine
Sy plant my in haar tuin lei my nat met wyn
En snoei my blare stomp af tot ek spoorloos verdwyn
Ek vryf haar soos samboksalf op my seerplekke in
En ek het haar gevra om in my oë te kyk
En verbeel hoe happy ek sonder trane sal lyk
Ek riem vir haar gebede in ons beste linne in
En ek lê vir haar met kwepers in canned fruit bottels in
Maar sy wag vir my waar die aasvoëls draai
Bo die karkas van haar Valentine
Oh ho ho bo die karkas van haar Valentine
Ek lê haar saam met kwepers in canned fruit bottels in