Feëtjies Met Tattoos

Soen my saggies soos Cinderella
Vergewe my en al my pelle
Dat ons wou bly toe jy wil ry en ek jou Prada slippers op die trappies kry

Ek onthou daai blink mags van jou koets
Jou wagte was taamlik ongepoets
Die drywer sê speel pampoen
Dan wys ek jou wat hierdie koets kan doen

Cinderella sê vir my
Waar het jy daai tattoo gekry?
‘n Vlinder vasgevang in vlug
Wat vaar daar op jou lae rug

Sneeuwitjie bly by sewe myners
Hulle hou mos die beste kuiers
Speel strip poker heelnag lank en spandeer al hulle geld op vleis en drank

Maar wat skuil daar in die donker bos
As die dwergies jou by die huisie los?
Dis goed dat jy van braaivleis hou
Want appels my nooi is baie sleg vir jou

Hey Sneeuwitjie sê vir my
Waar het jy daai tattoo gekry?
Is dit ‘n valk wat ‘n apie vang
Wat agter aan jou skouer hang?

Gouelokkies was ‘n kleptomaan as ek daai storie reg verstaan
En wie eet sy gasheer se braaipap op?
En hoe durf jy gaan slaap in sy katel ook?

Gouelokkies sê vir my
Waar het jy daai tattoo gekry?
Is dit sowaar ‘n visserskuit
Wat vaar daar agter op jou kuit?
Gouelokkies sê vir my
Gouelokkies sê vir my

Canzoni più popolari di Adam Tas

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)