Kop Op My Bors

My liefie kop op my bors
Les die dors in my siel
En tye sonder jou
Het my so erg verniel

Ek voel die sag van jou lyf
En hoe jy nader skuif
En in die blou van jou oë
Kan ek in liefde glo

As jy by my wil wees hoef jy niks te vrees vanaand
As jy liefde kom soek lees ek jou soos 'n boek vanaand
En alles wat jy my vra in oorvloed gee ek jou
Met my kaal hart op skou doen ek alles net vir jou

Met jou kop op my bors
Les jy die dors in my siel
En tye sonder jou
Het my hart erg verniel

Ek voel die sag van jou lyf
Gaan my die mure uit dryf
En in die soet van jou mond
Word my hart gou gesond

As jy by my wil wees hoef jy niks te vrees vanaand
As jy liefde kom soek lees ek jou soos 'n boek vanaand
En alles wat jy my vra in oorvloed gee ek jou (Gee ek vir jou)
Met my kaal hart op skou doen ek alles net vir jou

Vra jou hart vir sy raad en
Hy sal praat met jou (Hy sal praat met jou)
Met my hart op my mou doen ek alles net vir jou

As jy by my wil wees hoef jy niks te vrees vanaand
As jy liefde kom soek lees ek jou soos 'n boek vanaand
En alles wat jy my vra in oorvloed gee ek jou (Gee ek vir jou)
Met my kaal hart op skou doen ek alles net vir jou

As jy by my wil wees hoef jy niks te vrees vanaand
As jy liefde kom soek lees ek jou soos 'n boek vanaand
En alles wat jy my vra in oorvloed gee ek jou (Gee ek vir jou)
Met my kaal hart op skou doen ek alles net vir jou
Met my kaal hart op skou doen ek alles net vir jou

Canzoni più popolari di Touch Of Class

Altri artisti di Afrikaans