Ek Wil Eendag Kan Sê
Alles eindig na dit begin
Eers te veel en dan is daar te min
Alle vure brand uit maar met jou en met my is dit anders
Water kook en dan word dit koud
Eers jonk en dan word ons oud
Elke uurglas loop uit maar met jou en met my is dit anders
Het ek jou als gegee wat ek kan gee, jou laat weet dat jy die rede is hoekom ek leef en jou elke dag herinner jy’s my hele lewe
Ek wil eendag kan sê ek het ek jou beskerm teen ‘n duisend man
En jou vasgehou met alles as jy sê jy’s bang as jy weg is vir sekondes het ek jou verlang
Ek wil eendag kan sê ek het
Dinge raas en dan word dit stil
Een miljoen en dan is daar nul
Alle vure brand uit maar met jou en met my is dit anders
Ooh en teen die laaste gety bly ons veg ek en jy teen die branders
Het ek jou als gegee wat ek kan gee, jou laat weet dat jy die rede is hoekom ek leef en jou elke dag herinner jy’s my hele lewe
Ek wil eendag kan sê ek het ek jou beskerm teen ‘n duisend man
En jou vasgehou met alles as jy sê jy’s bang as jy weg is vir sekondes het ek jou verlang
Ek wil eendag kan sê ek het
Ek wil eendag kan sê ek het
Het ek jou als gegee wat ek kan gee. jou laat weet dat jy die rede is hoekom ek leef en jou elke dag herinner jy’s my hele lewe
Ek wil eendag kan sê ek het ek jou beskerm teen ‘n duisend man
En jou vasgehou met alles as jy sê jy’s bang as jy weg is vir sekondes het ek jou verlang
Ek wil eendag kan sê ek (Het ek jou beskerm teen ‘n duisend man en jou vasgehou met alles)
Ek wil eendag kan sê ek het (Weg is vir sekondes het ek jou verlang)
Ek wil eendag kan sê ek het