Waar Was Jy?

Al die draaie op my pad
Het nog altyd baie lank gevat, en die vlaktes van die Vrystaat
Het die wêreld weggevat

Toe die horison sy strepe
Met 'n kwas om my kom spat
Sou Dali als kon teken?
Met die kleure, al die kleure van my hart

Waar was jy
Toe die winde my wou stilmaak?
Waar was jy
Toe die donderweer my sterk maak?

Toe die mure voor my wegraak
En die ure vir my kort raak
Sê my waar was jy?
Sê my bietjie waar was jy?

By Bloemfontein verby
Om my hart in die Karoo te kry
Beaufort-Wes wys Suid
Du Toitskloof tonnel anderkant uit

Toe die berge in die Boland
Hulle voete om my lê
Was stiltes in my hartland
Genadebrood toe ek vir jou wou sê

Waar was jy
Toe die winde my wou stilmaak?
Waar was jy
Toe die donderweer my sterk maak?

Toe die mure voor my wegraak
En die ure vir my kort raak
Sê my waar was jy?
Sê my bietjie waar was jy?

Waar was jy
Toe die winde my wou stilmaak?
Waar was jy
Toe die donderweer my sterk maak?

Toe die mure voor my wegraak
En die ure vir my kort raak
Sê my waar was jy?
Sê my bietjie waar was jy?

Waar was jy
Toe die winde my wou stilmaak?
Waar was jy
Toe die donderweer my sterk maak?

Toe die mure voor my wegraak
En die ure vir my kort raak
Sê my waar was jy?

Sê my bietjie waar was jy?
Sê my waar was jy?
Sê my bietjie waar was jy?

Waar was jy, waar was jy?
Waar was jy, waar was jy?
Waar was jy, waar was jy?

Canzoni più popolari di Theuns Jordaan

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)