By Jou [Live]

Ek dink vanaand
Aan elke oomblik saam met jou wat ek aan vashou
En hoe die wêreld sonder jou vir my te leeg raak
Jy's al wat sin maak
Dit die moeite werd maak

So bly vanaand
Tot die ritme van jou hart en myne saam praat
En tot jou spore in die sand met myne een raak
Ons drome vol raak
Dis al wat saak maak

By jou, by jou
Is my weet en my waarheid
Is my lewe vir altyd en 'n leef tyd geanker in jou
By jou, by jou
Is die plek waar ek rus kry
Niemand anders as net jy sal in als kan genoeg wees vir my

So jy moet weet
Teen die einde van die dag sal ek nog daar wees
En as die tye moeilik raak vir jou 'n rots wees
Jou weg kruip plek wees
Dit als vir jou wees

By jou, by jou
Is my weet en my waarheid
Is my lewe vir altyd en 'n leef tyd geanker in jou
By jou, by jou
Is die plek waar ek rus kry
Niemand anders as net jy sal in als kan genoeg wees vir my

Ek sal jou veilige vesting wees
Elke dag vir jou 'n skuil plek wees

By jou, by jou
Is my weet en my waarheid
Is my lewe vir altyd en 'n leef tyd geanker in jou
By jou, by jou
Is die plek waar ek rus kry
Niemand anders as net jy sal in als kan genoeg wees vir my

Niemand anders as net jy sal in als kan genoeg wees vir my

Canzoni più popolari di Theuns Jordaan

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)