Buitekant

Die stad se hoogste liggies
Hang portette teen die berg
En boon-toe was die grootes
Almal weg

Weggevat en weer geplant
Rondom Colesberg en Transkei
Tussen Mooifontein en my gly die Melkweg verby

Elke keer
As dit leegraak in die huis
Die leemtes in die lyne
Weer hul bietjies blou

Elke keer
As die storms kom werk
As die wind my wil om koop en hy waai te sterk

Gee my bietjie krag
Om te sien waar ek staan
Gee my bietjie tyd
Om te kyk waar ek gaan

Soek vir jou safiere
Bring vir my 'n lied
My spore in die sand
Loop aan die buitekant
Aan die buitekant

Elke keer
As dit stil raak op die stoep
En die spore van die woorde oor my vingers verdwaal

Elke keer
As die kompas my soek
En die enjin se myle my tot buite roep

Gee my bietjie krag
Om te sien waar ek staan
Gee my 'n bietjie tyd
Om weer terug te kan gaan

Soek vir jou safiere
Bring vir my 'n lied
My spore in die sand
Loop aan die buitekant
Hier aan die buitekant

Gee my bietjie krag
Om te sien waar ek staan
Gee my 'n bietjie tyd
Uit die vinnige baan

Wys my jou safiere
Bring vir my 'n lied
Die spore in die sand
Dra my tot buitekant
Hier aan die buitekant

Canzoni più popolari di Theuns Jordaan

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)