Beautiful In Beaufort-Wes

En jy was beautiful in Beaufort-Wes
En ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou en ek en jy het op grafte en op treine
En op Ford Fairlane se agterseats gevry en nou is jy en jou man both computer analysts
Laas winter you tried to cut both of your wrists en nou skryf jy vir my

Jy kan nie
Meer slaap, nie, nie meer
Lag nie, nie meer
Iets vir jouself doen nie en nooit ooit weer vir my soen nie

En mooi, mooi, mooi was jou woorde ook terwyl jy menthol sigarette rook
En al daai sweet-sweet dinge vir my sê terwyl jy sweet-sweet in my arms lê
Die presiese woorde het ek presies vergeet
Ek onthou net die rook en die sweet in Beaufort-Wes
En jou kaal liggaam onder 'n koel summer cotton dress

Nie
Meer slaap, nie, nie meer
Lag nie, nie meer
Iets vir jouself doen nie en nooit ooit weer vir my soen nie

Miskien soos 'n storie uit die Huisgenoot
Maar jy't een aand skielik vir my weggestoot
En in die rearview mirror jou gesig gekyk
Gesê miskien moet ek gelukkiger lyk, daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
Ek't gevoel hoe my hart los ruk uit my lyf en soos 'n roeiboot al in die rivier af dryf

Ek kon nie
Meer slaap nie, nie meer
Lag nie, nie meer
Iets vir mekaar doen nie en nooit ooit weer vir jou soen nie

Die laaste herinnering waaroor ek sing
Is die nag toe ek en jy die melktrein aan en aan die nag in ry tot anderkant
Die ding-dong gong van die breakfast waiter in die gang verby
Dit was my
Wake-up call, my lief, jy het gesê, wees asseblief
Lief vir my maar ek het gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon

Ek kon nie
Meer slaap nie, nie meer
Lag nie, nie meer
Iets vir mekaar doen nie, nooit ooit weer vir jou soen nie

Ek kon nie
Meer slaap nie, nie meer
Lag nie, nie meer
Iets ooit reg doen nee, nooit ooit weer vir jou soen nie

Canzoni più popolari di Theuns Jordaan

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)