Val In My

Hier is my arms om jou hier te hou as die koue jou hart weg wil dra
Hier is die skouers waarop jy kan huil as jou wêreld inmekaar in val
Sien jy hierdie hande
Om jou hart geknoop
Hierin vang ek elke traan wat teen jou wang af loop

As jy val
As jy val
As jy deur die koue kantel
As jy val
My liefling, val in my

As jy val, val dan in die arms wat vir altyd vir jou wag
As jy val land dan in die water van my liefde want dis sag
Want dis sag

As jy val
As jy val
As jy deur die koue kantel
As jy val
My liefling val in my

Ek is die sirkel wat jy om jou trek as jy bang is dat jy gaan verdwaal
Jy staan in my hart se klop
In wat ek asemhaal
Kyk in hierdie oë
Sien jy hierdie hart
Dis nie vir my om weg te gee nie jy't dit reeds gehad

As jy val
As jy val
As jy deur die koue kantel
As jy val
My liefling val in my

As jy val, val dan in die arms wat vir altyd vir jou wag
As jy val land dan in die water van my liefde want dis sag
Want dis sag

As jy val
As jy val
As jy deur die koue kantel
As jy val
As jy deur die ruimte bolmakiesie slaan
My liefling val in my

Canzoni più popolari di Steve Hofmeyr

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)