God Sê Bedelaar
In die nag
Op my knieë met my liefdes lys
Gun my net
Gun my net om dit aan U te wys
En as ek keer op keer vir U dit vra, vergeef my weer en weer
Ek is God se bedelaar
In die dag
Reis ek deur en lewe sonder kaart
Net U kan sê
Net U kan vir my sê wat daarin staan
En as ek keer op keer vir U dit vra, vergeef my weer en weer
Ek is God se bedelaar
Net ‘n blaaskans in U asem en ‘n plek om te gaan lê
Want ek vra U oor en oor wat vir my bestem is
Is daar lig in hierdie tonnel of ‘n teken voor wat sê
Of die regte pad na Jerusalem is
Uit U mag
Arms hoog oor ruimte en begin
En U wag
Om die woorde daarin te kan vind
As ek keer op keer vir U dit vra, vergeef my weer en weer
Ek is God se bedelaar
Net ‘n blaaskans in U asem en ‘n plek om te gaan lê
Want ek vra U oor en oor wat vir my bestem is
Is daar lig in hierdie tonnel of ‘n teken voor wat sê
Of die regte pad na Jerusalem is
Is daar lig in hierdie tonnel of ‘n teken voor wat sê
Of die regte pad na Jerusalem is
Net ‘n blaaskans in U asem en ‘n plek om te gaan lê
Want ek vra U oor en oor wat vir my bestem is
Is daar lig in hierdie tonnel of ‘n teken voor wat sê
Of die regte pad na Jerusalem is
Net ‘n blaaskans in U asem en ‘n plek om te gaan lê
Want ek vra U oor en oor wat vir my bestem is
Is daar lig in hierdie tonnel of ‘n teken voor wat sê
Of die regte pad na Jerusalem is
Is daar lig in hierdie tonnel
Jerusalem
Jerusalem is