Gatvol
Ek hang aan 'n tak want die wêreld word te warm vir my
Ek talm voor die tekens en ek wonder watter een wys Suid
Hier staan ek en hou my bek
En kyk hoe almal om my vrek van vrees om êrens anders te wees
Dis hoe dit is
Dis hoe dit is
Dis hoe dit is
Ek's gatvol verby
Gatvol verby
Hier staan ek en hou my bek
En kyk hoe almal om my vrek van vrees om êrens anders te wees
Arm in 'n sak maar warm in die hart is goed
Is maklik om te sê as jy alles het wat jy soek
Maar dink jy wat jy doen en sê, sal keer dat elkeen wakker lê en wens hy was 'n ander mens
Dis hoe dit is
Dis hoe dit is
Dis hoe dit is
Ek's gatvol verby
Dis hoe dit is
Dink jy wat jy doen en sê, sal keer dat elkeen wakker lê en wens hy was 'n ander mens
En is jy 'n bietjie maagvol (Maagvol)
Knersvol (Knersvol)
Keelvol (Keelvol)
Gatvol (Gatvol)
Of is jy gatvol verby
Gatsometer lees hoe vinnig mens na nêrens vorder nie
Ek ruil my taal my monument maar nêrens vind ek orde nie
Ek hang maar aan jou lippe
Maar jou stories sal soos druppels op 'n warm plakkersdak verdamp