Kerse
Gaan haal my liefde op Stellenbosch
Sy dra haar hare
Met die wind, kort en los
Sê vir haar ek't lank gewag
Ek het regop gestaan
Niks was in my hart
Behalwe haar wit rok, daai kerkklok
En al ons vriende saam
My pa-hulle kuier saam onder ou
Uitgedansde
Kerse
In al die rook
Van oorloë het ek dit gehoor
Iets soos hallo
Of ek was altyd lief vir jou
Met hierdie lewe
En dalk die volgende
Met hierdie lewe
Gaan los my wapens op Stellenbosch
Gee vir haar my
My ou silwer ring
Sê vir haar ek't hard geveg
Gestaan vir dit wat reg is
Maar niks was dieper
As die water in haar oë ek kon mooi glo
En die nag op bly
Die liggies lyk soos jy in ons ou
Uitgedansde
Kerse
In al die rook
Van oorloë het ek
Dit gehoor
Iets soos hallo
Of ek was altyd lief vir jou
Met hierdie lewe
En dalk die volgende
Met hierdie lewe
Behalwe haar wit rok, daai kerkklok
En al ons vriende saam
My pa-hulle kuier saam onder ou
Uitgedansde
Kerse