Song Vir Jou

FRANCOIS HENNING, MARK KAHN

Kom staan gou nader hier’s ‘n song vir jou
As jy terugdink aan my daaraan sal jy hom dalk onthou
Hy was die kollige een jy’t gedink hy was vreemd
Jy weet jy’t hard probeer om sy siel te breek

Hy was die laaitie wat gedink het dat hul chommies kon wees
Maar ongelukkig moes hy elke dag in vrees oorleef
Hy was die laaitie met die dwelms en gedrags probleem
Elke dag het hy gebid om iemand anders te wees

So jy dink dis ongeskik dat hy dit nog sal onthou
En hy weet ook tien teen een dit beteken niks vir jou
Tog dink ek dis belangrik om vir jou te laat weet
Dat jy baie fokken versigtig moet wees

As jy my onthou na alles (Ek voel ‘n fok vir jou)
Jy’t vuil gespeel en dis hoe ek voel (Kan jy my onthou)
As ek jou sou raakloop eendag in die straat
Moet jy my vermy en uit my pad uit bly (Uit my pad bly)

Sy dog dis tyd dat jy dit moet weet
Jy’t gedink dis sommer niks en sy sal daarvan vergeet
Sy was die kollige een wat jy gesê het was vreemd jy weet
Jy’t hard probeer om haar aftebreek

Sy was die girl wat gehoop het dat dit tydelik was
Maar ongelukkig was dit elke liewe donnerse dag
Sy was die girl wat gebid het dat jy haar uit moet los
Maar jy’t gekies om met haar kop te mors

So jy dink dis sommer niks dat sy dit nog sal onthou
En sy weet ook tien teen een dit beteken niks vir jou
So nou dink ek dis belangrik om vir jou te laat weet
Dat jy baie fokken versigtig moet wees

As jy my onthou na alles (Ek voel ‘n fok vir jou)
Jy’t vuil gespeel en dis hoe ek voel (Kan jy my onthou)
As ek jou sou raakloop eendag in die straat
Moet jy my vermy en uit my pad uit bly

So sal jy sê dat dit jou beter laat voel?
Ek moet my terughou wie weet wat ek sal doen
En hoeveel dommer kan die donners nog raak
En ek sal hoop dit het my sterker gemaak

So sal jy sê dit het jou beter laat voel?
Het jy gedink jy was cool jy lyk vir my soos ‘n fool
Ek moet my terughou wie weet wat ek sal doen
Wie weet wat ek sal doen

Kom staan gou nader hier’s ‘n song vir jou
As jy terugdink aan daai dae dan sal jy my dalk onthou
Ek was die kollige een wat jy gedink het was vreemd
Jy weet Tannie Ester en Oom Jan se seun

So jy dink dis ongeskik dat ek dit nog sal onthou
En ek weet ook tien teen een dit beteken niks vir jou
Tog dink ek dis belangrik om vir jou te laat weet
Dat jy baie fokken versigtig moet wees (Ja fokken versigtig moet wees)

As jy my onthou na alles (Ek voel ‘n fok vir jou)
Jy’t vuil gespeel en dis hoe ek voel (Kan jy my onthou)
As ek jou sou raakloop eendag in die straat
Moet jy my vermy en uit my pad uit bly (Uit my pad bly)

As jy my onthou na alles (Ek voel ‘n fok vir jou)
Jy’t vuil gespeel en dis hoe ek voel (Kan jy my onthou)
As ek jou sou raakloop eendag in die straat
Moet jy my vermy en uit my pad uit bly (Uit my pad bly)

Curiosità sulla canzone Song Vir Jou di Snotkop

Chi ha composto la canzone “Song Vir Jou” di di Snotkop?
La canzone “Song Vir Jou” di di Snotkop è stata composta da FRANCOIS HENNING, MARK KAHN.

Canzoni più popolari di Snotkop

Altri artisti di