My Ouma Sêra
My ouma Sêra het 'n Morris gery
En onder in die dorp langs 'n grondpad gebly sy't met hoendertjies geboer en eiers verkoop
En koekies gebak en suurdeeg brood
Ja my ouma Sêra het haar man gestaan
Sonder my oupa want hy't dood gegaan sy't haar kindertjies getroos en self groot gemaak
My ouma Sêra het 'n goue hart ja my ouma Sêra het 'n goeie hart
My ouma Sêra het gryser geword
Die strate is geteer hier in die onderdorp en die koolstoof is vervang met 'n wit Defy
Maar daar's darem nog 'n haantjie wat ons wakker kraai
My ouma Sêra het haar man gestaan
Sonder my oupa want hy't dood gegaan sy't haar kindertjies getroos en self groot gemaak
My ouma Sêra het 'n goue hart my ouma Sêra het 'n goeie hart
My ouma Sêra se Morris is gedaan is 'n hoenderhok hier agter in die Kwepperlaan
Sal my kinders dalk eendag die selle kan leer
Hoe om die lewe aantepak met sy goeie en sy seer die lewe aantepak met sy goeie en sy seer