Hoor Jy My Stem
Hoor jy my stem oor die see?
Dit klink so ver oor die water
Dit het die klank van die wind wat waai
Dit het die kleur van verlang
Ek roep uit bo die see
Ek's so alleen sê my waarom?
Hoor jy my stem roep na jou?
Hoor jy my vraag waar is jy nou?
Hoor jy my stem roep na jou?
Hoor jy my vraag waar is jy nou?
Hier waar ek staan voel ek naby jou
En hier het jy my teen jou vas gehou
Hier lê die spoor van ons saamwees
Nou het die see dit weggeveë
Ek roep uit oor die see
Ek's so alleen sê my waarom?
Hoor jy my stem roep na jou?
Hoor jy my vraag waar is jy nou?
Hoor jy my vraag waar is jy nou?