Prop

Koshuisvader, onderwyser
Krieket rugby mal
Tien jaar terug op ‘n perd se rug
Dink ek weer aan Lil

By Golden Gate deur die agterruit
Van die avontuurklubbus
Sit Dirkie Hamman
En hy skree hard come on
Ons moet almal mooi uitrus

Sy bynaam was Prop
Ek sien hom in my kop
As hy smile

Want hy’t diep spore getrap
Met ‘n storie of ‘n grap
In my hart

Soms as Kroonstad in my hart kom oorvat
Dink ek weer aan Prop
Hy kon hard lawaai by ‘n rugby braai
Met ‘n kêppie op sy kop

Maar sy hart kon sing
By sy vriendekring
As hy van sy kinders praat

En my leë akkoorde
In my hart se woorde
Is te min en lank te laat

Sy bynaam was Prop
Ek sien hom in my kop
As hy smile

Want hy’t diep spore getrap
Met ‘n storie of ‘n grap
In my hart

En sy bynaam was Prop
Ek sien hom in my kop
As hy smile

Want hy’t diep spore getrap
Met ‘n storie of ‘n grap
In my hart

Curiosità sulla canzone Prop di Robbie Wessels

Quando è stata rilasciata la canzone “Prop” di Robbie Wessels?
La canzone Prop è stata rilasciata nel 2005, nell’album “My Vissermanvriend Se Pa”.

Canzoni più popolari di Robbie Wessels

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)