My Arms Is Oop
Iewers op jou pad
Het iemand vir jou gesê
Jy moet perfek wees
Vir My om jou lief te hê
Maar daai iemand het nie
In jou skoene geloop
Daai iemand was nie
Deur jou vlamme gedoop
Somtyds as jy vra
Waarheen die lewe ly?
Moet jy ook kan weet
Daar’s iemand aan jou sy
Soms as jy wil weet
Hoekom die lewe brand?
Moet jy ook kan weet
Daar’s iemand aan jou kant
Want My arms is oop My hart is vol
Ek staan en wag vir jou
Draai jou hart rig jou oë
Begin in My te glo
Iewers op jou pad
Het jy iemand geglo
Toe hulle vir jou sê
Die lewe werk so
Jy moet perform
Jy moet sweet en swoeg
Jy moet gesien word
Dan’s jy goed genoeg
Maar Ek sê jou nou
Daai dae is verby
Jy is genoeg
As jy kyk na My
Ek is die een
Wat jou definieer
Rig jou oë op My
Want Ek ken jou seer
Want My arms is oop
My hart is vol
Ek staan en wag vir jou
Dra jou hart
Rig jou oë
Begin in My te glo
En as die onweer soms die horison se kleure ruïneer
As die rooigety die breek van die branders kom versteur
As die lewe weer sy rugkant soos ‘n kwaaivrou op jou draai
Moet jy weet Ek sal jou nooit veraai
Ja jou naam staan geskrywe in die palm van My hand
My gedagtes hoor jou meer as die wêreld se sand
Ek ken jou naam Ek tel al die hare op jou kop
En al voel dit soms jy val Ek tel jou op
Want My arms is oop My hart is vol
Ek staan en wag vir jou
Draai jou hart rig jou oë
Begin in My te glo
Ja My arms is oop My hart is vol
Ek staan en wag vir jou
Draai jou hart rig jou oë
Begin in My te glo
Begin in My te glo