Krone 6 Sokkie Medley

Jy's daai soet een
Dit kom so voor ek kan myself verloor as ek vir jou kyk
Jy's daai goeie een
Dis tipies jy jy kyk verby maar jou lyf soek meer
So onskuldig jy
Op jou plek doen alles reg tot daai deur toegaan
O maar ek kyk regdeur
Die soet in jou is 'n bietjie flou as dit kom by my

Gooi jou suiker op my lek my lippe af
Hou my stywer vas
Stop die vuur binne my voor dit smelt oor my
Wil nie hê dit moet stop
Wil nie hê dit moet wag
Of verdwyn

Gooi jou suiker op my
Voor dit smelt oor my
Gooi jou suiker op my
Voor dit smelt oor my
Gooi jou suiker op my

Oor en weer jy doen dit oor en weer vir my
Oor en weer jy kyk so mooi na my
Hart hart my hart is waar my huis is
My huis is daar waar jy is vir altyd sal ek terugkom na my
Hart hart my hart is waar my huis is
My huis is daar waar jy is
En jy is als wat saak maak in my

Hart hart my hart is waar my huis is
My huis is daar waar jy is
Vir altyd sal ek terugkom na my hart
Die spore van ons liefde sal my lei
Vir altyd na my hart toe waar jy bly

My voete stap al jare lank
Tussen rigtingwysers op die noordwes pad
Met 'n brief in my hand
Al die pad van Wolmaransstad

Ek voel al die ink uit die brief uittap
Ek ruik haar hare as ek saans gaan slaap
In my ou houthuis
Ver van Wolmaransstad

Sal jy bly
Vir 'n appel en 'n ui?
Al skeur die maan ons weg
Bly my hart na jou toe trek

Sal jy bly
Vir 'n plaas met 'n ou houthuis?
Al bly die skuld teen ons deure klop
Sal jy trou in 'n ou wit rok
Met my?

Die nagte raak koud maar ek hou aan ry
Veral as die trokke so verby my gly
Maar ek klou net vas
Aan die brief van Wolmaransstad

Aan my ou houthuis is 'n ou sink deur
In stilte val ek op my knieë neer
Daar was donderweer
En daar staan Lily
Voor my

Sal jy bly
Vir 'n appel en 'n ui ?
Al skeur die maan ons weg
Bly my hart na jou toe trek

Sal jy bly
Vir 'n plaas met 'n ou houthuis?
Al bly die skuld teen ons deure klop
Sal jy trou in 'n ou wit rok
Met my?

Sal jy bly
Vir 'n plaas met 'n ou houthuis?
Al bly die skuld teen ons deure klop
Sal jy trou in 'n ou wit rok
Met my?
Sal jy bly?

Dala hambamba hoo
Hambamba hoo hoo
Hambamba hoo
Hambamba hoo
Dala hambamba hoo
Hambamba hoo hoo
Hambamba hoo
Hambamba hoo

Gooi water gooi sand want my hart is aan die brand vir jou
Vir jou
Bring emmers bring grawe kom kyk of jy die vlamme uit
Kan hou

So staan 'n bietjie nader dat ons twee kan vergader
Dan wys ek jou
‘n Hart kan brand

Dala hambamba hoo
Hambamba hoo hoo
Hambamba hoo
Hambamba hoo
Dala hambamba hoo
Hambamba hoo hoo
Hambamba hoo
Hambamba hoo

Gooi water gooi sand

Dala hambamba hoo
Hambamba hoo hoo
Hambamba hoo
Hambamba hoo
Dala hambamba hoo
Hambamba hoo hoo
Hambamba hoo
Hambamba hoo

Dala hambamba hoo
Hambamba hoo hoo
Hambamba hoo
Hambamba hoo
Dala hambamba hoo
Hambamba hoo hoo
Hambamba hoo
Hambamba hoo hoo

So as dit lyk soos vakansie en dit ruik soos vakansie
En dit suip soos vakansie is dit vakansie
En as dit klink soos vakansie en dit blink soos vakansie
En dit drink soos vakansie is dit vakansie

Die jol is dik in Desember dik in Desember
Al die boude lyk soos prente parmantige presente
Kyk hoe pronk al die vente brannewyn trek nou rente
Jol is dik in Desember

Kom stamp dit los
Jy en jou bende
Die jol is dik in Desember Desember is dik
Ek voel 'n veer
Ek het my sente
Die jol is dik in Desember Desember is dik

Ons gaan stilsit verban kom steek die webers aan
Is lus vir slordig raak tot in die nuwe jaar
Girls in die karavaan hul maak my tent opslaan
Is lus vir morsig raak totdat jou ma verjaar

O wê o
Is lus vir slordig raak tot in die nuwe jaar
O wê o
Is lus vir morsig raak totdat jou ma verjaar
O wê o
Ons gaan die dubbels drink totdat die toekoms blink
O wê o
Ja ons gaan dubbels drink
Totdat die toekoms blink

Ons gaan dorp toe
Ja ons gaan dorp toe
As jy wil dans vra ek jou mooi pappa sê klim in die Ford toe
Want ek vat jou dorp toe
Hierdie ding wil dorp toe
En as jy hou van wat jy sien vat ek jou nie net dorp toe
En as jy hou van wat jy sien vat ek jou nie net dorp toe
En as jy hou van wat jy sien vat ek jou nie net dorp toe

Jy's flippen sexy
Jy's freaking mooi
Jy's blerrie oulik
Jy's donderstorm lekker
En amper net so oulik soos ekke

Jy's flippen sexy
Jy's freaking mooi
So blerrie oulik
Moerby mooi verby
So lê 'n bietjie langer by my
Lê 'n bietjie langer by my
So lê 'n bietjie langer by my

Wys my jou lemoene
Of jou boerpampoene
Ek wil so graag aan dit voel
Of jou kaalgatperskes
Of dit die moeite werd is
Ek sal dit definitief moet proe

En ons skreeu
Wys my jou lemoene
Of jou boerpampoene
Ek wil so graag aan dit voel
Of jou kaalgatperskes
Of dit die moeite werd is
Ek sal dit definitief moet proe

Ek sal dit definitief moet proe
Ek sal dit definitief moet proe
Lekker lemoene en ‘n perretjies

Arm maar gelukkig ons vat hom by die horings
Maak hom mooi maak hom sag maak hom mak maak hom joune
Da' vat hy
My bokkie da' vat hy

Vleisie op die kole 'n broodjie in die oond
Was die tyd van ons lewe 'n aand om te onthou
Daar vat hy
Mmm my bokkie daar vat hy

Niks fout met 'n drie liter Ford
Twee liter coke
Een brandewyn lyfie
Met haar rokkie kort
Dis besigheid voor en partytjie van agter

Gooi hom in die son laat hy revs optel
Daar vat hy daar vat hy
Want 'n warm patat laat die skote klap
Daar vat hy daar vat hy

Ons druk die speakers tot dit bewe
Want dis mos hoe ons lewe
Daar vat hy
O my bokkie
Daar vat hy

Hy lyk soos 'n kondoom vol akkers
Niemand kyk hom in die oë nie net sy makkers
Want hy kry jou dalk alleen by die lockers
In die gym

'n 9 volt battery sy vitamien pil
En vra jy hom waar bly hy sê hy bly stil
Maar die opinies verander as hy hard gil
In die gym

Sy bende noem hom bench press Stacey
As hy gil dan klink hy soos 'n meisie
Hy's die leier van die gang Alsatians
Maar ook die owner van die Gym of all Nations

Dis die Gym of all Nations
Hier's Asians Israelis die Scottish en die Irish
Hier's somtyds Filippyne selfs Filistyne
En soms dan ook die manne van die myne

En dan het ons die bendes
Die Alsatians Temptations die Hundred and One Dalmatians
Verloor hulle frustrations
By die Gym of all Nations

Dis die Gym of all Nations
Hier's Asians Israelis die Scottish en die Irish
Hier's somtyds Filippyne selfs Filistyne
En soms dan ook die manne van die myne

En dan het ons die bendes
Die Alsatians Temptations die Hundred and One Dalmatians
Verloor hulle frustrations
By die Gym of all Nations

Want ons gaan kaalvoet sokkie
Daai voete jeuk en sal mos nooit kan jok nie
Daai lyf wat jy so lekker swaai voete gaan in sirkels draai
Kaalvoet sokkie

Want ons gaan kaalvoet sokkie
Daai voete jeuk en sal mos nooit kan jok nie
Daai lyf wat jy so lekker spin reguit in my arms in
Kaalvoet sokkie

Canzoni più popolari di Robbie Wessels

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)