Asetileen en Suurstof
Almal wag in spanning vir die klok om te lui
Vir die Desember holiday
Ja vir sommige gesinne is die kombi gelaai
Vir hul vakansie na Jeffery’s Bay
Maar vir baie ander boere in die Noord Vrystaat
Was die oes in hierdie tyd maar skraal
En dan’s die verste destinasie waarheen hulle sal ry
Kroonspark of Allemanskraal
Haal af jou voete van my skool tas
Hou op jy rek my trui
Ma praat met Vrannie hy’s ‘n energiser bunny
Mamma hoekom ry ons Jan tuisbly?
Ja so gaan dit hierdie jaar by die Wessels gesin
Op die plaaspad na Hamiltonsrus
En ons wonder hoe de donder bly ons besig vir ‘n maand
‘n Man vang ook net vir so lank vis
Een laat Sondag middag in ‘n lui lui uur
Anderkant die ou sinkstoor
Loop Vrannie met ‘n opgeblaaste sak in sy hand
En dit lyk vir my hy soek vir skoor
Asetileen en suurstof
Saam in ‘n Checkers sak
Met ‘n lighter vir ‘n vlam en toilet paper vir ‘n lont
Toe weet ek sommer hier kom
Kan ek asseblief vir ons 'n voorstel maak
Sê ek dadelik toe die bom ontplof
‘n Swartsak sal verseker vir ‘n harder knal
En ons gee hom bietjie meer suurstof
Uit die hoek van my oog sien ek die ou longdrop
In die skadu van ons doringboom
En my pa skrik wakker met ‘n helse geraas
Hy dink eers hy het gedroom
Asetileen en suurstof
‘n Swartsak en ‘n ou longdrop
Daar’s vir kwaadwees glad nie redes
En my pa’s nou tevrede kyk so blaas ‘n mens ‘n longdrop op
Almal wag in spanning vir die klok om te lui
Vir die Desember holiday
Ja vir sommige gesinne is die kombi gelaai
Vir hul vakansie na Jeffery’s Bay
Maar vir al julle laaitjies in die Noord Vrystaat wat vervelig op die plaas rondhang
Maak seker julle pa of julle ma is daar as julle ooit sulke strond aanvang
Asetileen en suurstof
Wat is jou ouderdom?
Want 2 to 13 is die ouderdom’s beperking op
Asetileen en suurstof bom
Asetileen en suurstof
Wat is jou ouderdom?
Want 2 to 13 is die ouderdom’s beperking op
Asetileen en suurstof bom
Want 2 to 13 is die ouderdom’s beperking op
Asetileen en suurstof bom