Waterbobbejaan

Marico in jou bos
Is daar ‘n ritsel as die son die aarde los?
Waar warm waaigras vir die aand se stilte wag?
Tot in die donker van die nag

Die bossies hou snags
En as die wind sy draai en bots hier teen die krans
Hoor jy geluide van die diere wat hier dwaal
En bo dit druis die waterval

Die spore in die plein
Verklap die loop van die legende wat hier bly
Die stemme in die wind
Verraai die vrese uit die oë van ‘n kind

Waar bloedrooi skadu onder maanlig vir jou wag
En waar die donker vir jou lag

Die skemer maak my moedeloos, die donker maak my bang
Want as die dag verby is loop die waterbobbejaan
Die heimwee in die wind vertel die storie wat hier hang
Pappa jaag daai perdekar die volmaan wil my vang

Marico binne jou
Lê die legende se geheime wat jy hou
Waar die buffelgras onder soetdoring staan
Van die waterbebbojaan

Die stemme in die bos vertel van diere wat net agter spore los
‘n Warrelwind van pret en twyfel wat hier draai
Het al jou spore toegewaai

In ‘n wêreld vol van vrees is dit soms beter om ‘n skaduwee te wees
Jou storie hier was wyd
Maar weggewaai deur die winde van die tyd

En as die koue stad se skadu jou verlaat
Loop jy hom dalk nog eendag raak

Die skemer maak my moedeloos, die donker maak my bang
Want as die dag verby is loop die waterbobbejaan
Die heimwee in die wind vertel die storie wat hier hang
Pappa jaag daai perdekar die volmaan wil my vang
Pappa jaag daai perdekar die volmaan kom my vang

Die spore in die plein
Verklap die loop van die legende wat hier bly
Die stemme in die wind
Verraai die vrese uit die oë van ‘n kind

Waar bloedrooi skadu onder maanlig vir jou wag
En waar die donker vir jou lag

Die skemer maak my moedeloos, die donker maak my bang
Want as die dag verby is loop die waterbobbejaan
Die heimwee in die wind vertel die storie wat hier hang
Pappa jaag daai perdekar die volmaan kom my vang
Pappa jaag daai perdekar die volmaan kom my vang
Pappa jaag daai perdekar die volmaan kom my vang
O Pappa jaag daai perdekar die volmaan kom my vang

Canzoni più popolari di Pieter Smith

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)