Vir Net 'n Oomblik
Weereens ‘n tyd wat verlore is
Wat ek van weet
Weereens ‘n tyd waar ons twee een was
Het jy vergeet?
Die spore wat langs my ‘n pad kom loop
Is weggewaai
Weereens het jou pad weg van my gedraai
Vir net ‘n oomblik sonder vrae
Net ‘n oomblik sonder vrees
Vir net ‘n oomblik was my arms ook ‘n plek waar jy wou wees (Plek waar jy wou wees)
En vir ‘n oomblik as my woorde weer ‘n tyd in jou ontvou
Sal jy, sal jy onthou?
Weereens ‘n kaggel wat eensaam brand
Wat ek van weet
Snags het die vlamme ons saam gebind
Het jy vergeet?
Die storie van twee wat vir eens een was
Die ou vehaal
Weereens het iets van my in jou verdwaal
Vir net ‘n oomblik sonder vrae
Net ‘n oomblik sonder vrees
Vir net ‘n oomblik was my arms ook ‘n plek waar jy wou wees (Plek waar jy wou wees)
En vir ‘n oomblik as my woorde weer ‘n tyd in jou ontvou
Sal jy, sal jy onthou?
Weereens dwaal ek hier eensaam rond
Wonder ek wat het van jou geword?
Weereens ‘n tyd wat net ek van weet
Het jy vergeet?
Vir net ‘n oomblik sonder vrae
Net ‘n oomblik sonder vrees
Vir net ‘n oomblik was my arms ook ‘n plek waar jy wou wees (Plek waar jy wou wees)
En vir ‘n oomblik as my woorde weer ‘n tyd in jou ontvou
Sal jy, sal jy onthou?
Ja sal jy, sal jy onthou?