Schuster Medley

My vrou het ‘n manier as ek die aand ontspan
Met ‘n lang glas koue bier soos ‘n moeë man mos kan
Om oor alles uit te vra oor my lewe en my werk
Daar's dinge wat haar pla, ja so't ek lankal opgemerk

‘n Duisend vrae val, dit maak my ore seer
Ag man dit maak my mal, ek het geen antwoord meer
Ek kry toe mos ‘n plan, dit was verlede maand
O my vrou se kop vat vlam, sy sê waar was jy gisteraand?

En ek sê pale toe, ja pale toe
So nader na die pale toe
Pale toe, ja pale toe
So nader na die pale toe

In ‘n kring teen die mure in die opskop saal sit die vrouens droog en kyk
Hoe die manne stry om die groot onthaal oor ‘n glas geleë uik
Hulle raas en rumoer dis ‘n groot gedruis, al die manne by die rugby onthaal
En die dop en die dam is op die huis, almal drink en die unie betaal

En die mammies teen die mure hou ‘n telling van die biere
Wat geknap word in die opskop saal by die manne van die spanne met die kanne in die hanne is die manne van die rugby onthaal

Ag man moenie moan nie, eet jou kaas en jou polonie
Doop jou wors in die mostertsous, op die veld waar die vellies almal goeie pelle, vat ‘n sjerrie vir jou kla kous
Op die veld waar die vellies almal goeie pelle, vat ‘n sjerrie vir jou kla kous

Daar's kultuur in druiweblare sê die Kaapse Kapenare
Jy proe dit in die piesangs van Natal
In die Vrystaat is dit vleisbraai, in die OP as die wind waai, maar kultuur in Noord Transvaal is ‘n rugbypaal

Was jy ooit al daar op Loftus as dit vol is en dit rof is?
Met die Bulle met ‘n up en under charge
Waar die dieres en hul knegte onder pawiljoen gevegte moet besluit is dit geweld of net geraas?

Stel skop, maak ‘n drop, nog ‘n skop word omgedop op Loftus
Die oompie kou sy biltong en die auntie hou die mandjie vol beloftes

‘n Sakkie droë bokkels en ‘n samoosa
‘n Serp en ‘n hoedjie met ‘n rooi Disa
‘n Pakkie peanuts, biltong en ‘n muskadel
My kussinkie is oorgetrek met springbokvel

As Tafelberg se mis hier oor my wange spoel
Dan leen ek so 'n stukkie van jou paddastoel
Die Kaap is die Kaap van stormloop
Vanaand is die Kaap die Kaap van Goeie Hoop

Province, Province, Province
Die Currie Cup kom weer
Province, Province, Province
Die Currie Cup kom weer
Die Currie Cup kom weer

Op my ma se klavier moes ‘n juffrou my leer
Van A-mol meneer en van B-mol, maar juffrou besef gou ek's hiervoor nie lus nie
Veral toe sy hoor hulle sê ek's ‘n senter wat eerder na skool op die gras Moet leer om te takkel en ‘n leerbal te gee vir die vleuel tot meneer se lat
Jou stop en laat buk vir ‘n hou op jou

Haak Vrystaat haak
Gaan haal hom uit heel onder
Met ‘n bal teen my lyf wil ek doellyn toe dryf, ek slaat terug as ‘n ou my wil
Haak Vrystaat haak

Een Woensdag het ek ge-AWOL
Die rugby offisier was vies
Toe laat hy my pale toe leopard crawl
En ek word vir die BB gekies

Uit die grens saans as ek so verlang
Na my meisie daar ver in die State
Slaat ek met ‘n vurk op my varkband
En ons bungalow kap dit dan uit

Ag man dis lekker in die army
Van Tempi tot Grootfontein
Op ‘n Ratel in Odawie
Of hoog in ‘n bos aeroplane

‘n Ring wil ek nie dra nie
Net ‘n R1 hier styf teen my sy
Ag man dis lekker in die army
As my pa wil dan sal ek hier bly
Ag man dis lekker in die army
As my pa wil dan sal ek hier bly

Canzoni più popolari di Pieter Smith

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)