Onthou
Onthou jy toe jy jonk was
En die dinge van ‘n kind nog kon verstaan?
Onthou jy toe jy een was
Met ‘n wêreld waar net jy snags heen kon gaan?
En nou dat jy ‘n grootmens is
Besef jy nog ‘n kind se seer en trane?
Kan die donker jou nog bang maak
Met sy donker oog wat waghou oor jou aande?
Jou drome gaan verlore
Die wind waai oor jou spore
Jou roep en krete val op dowe ore
Jou siel verkoop hom daagliks aan alles wat gejaag is
En jou naam word net ‘n nommer in die stroof
Hoor jy nog ‘n stem roep
Wat sê dat ons gejaag als tevergeefs is?
Ons torings want ons bou
Ons wesens en ons huise als op sand is
Dit alles kom tot niks nie
Dis alles maar net woordelose verse
Wat oor en oor vertel word
Om vure wat soms kleiner brand as kerse
Jou drome gaan verlore
Die wind waai oor jou spore
Jou roep en krete val op dowe ore
Jou siel verkoop hom daagliks aan alles wat gejaag is
En jou naam word net ‘n nommer in die stroof
My lewe en my wese
Is deesdae net ‘n hoofstuk van ‘n storie
Oor en oor vertel
Om by ‘n ritmelose pols te pas