My Tweede Helfte

Daar’s ‘n vrou wat klop aan my deur
Kom binne sit haar lyf langs my neer
Vra hoe was my dag
Stap kombuis toe maak koffie
En begin dan te lag

Stoof word aangesit
Geur van kos hang in die lug
Sy stry oor die weer
Sy spot die daaglikse koerant se nuus
En raak kwaad vir stads verkeer

Tyd saam met jou
Jou woorde wat my toevou jou geduld na ‘n dag
My nightingale deur die nag

Sy’s my wakker word in ‘n droom
Sy’s my stilstaan as ek loop
My regop sit as ek wil lê sy’s als wat ek in ‘n vrou wil hê

Sy’s die skaduwee wat my volg
Medisyne wat vir my sorg die beste wat ek ooit kon kry
My tweede helfte langs my sy

Daar’s ‘n vrou diep binne my
Wat my vensters was en dwarsdeur my kyk
Wat weet hoekom ek droom
Wat haar tas wil pak en saam met my
In ons liefde wil glo

Tyd saam met jou
Jou woorde wat my toevou jou geduld na ‘n dag
My nightingale deur die nag

Sy’s my wakker word in ‘n droom
Sy’s my stilstaan as ek loop
My regop sit as ek wil lê sy’s als wat ek in ‘n vrou wil hê

Sy’s die skaduwee wat my volg
Medisyne wat vir my sorg
Die beste wat ek ooit kon kry
My tweede helfte langs my sy
My tweede helfte langs my sy

Canzoni più popolari di Pieter Smith

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)