Liefling By Die See

Groet my voor jy gaan
Laat weet my as jy daar is
Stuur vir my ‘n email
Wat sê dat jy my mis

Tel my in die strepe op jou pad
Maar werk maar net mooi met my hart wat jy saam met jou vat, want

As ek verlang dan troos ek myself
Jy sit net onder in die straat
Oe en ek sit hierbo maar my hart is by jou waar die punt van die N1 en die Kaap

Hier vanaf Jo'burg is afstand
Ja die laaste ding wat ek jou wil gee
So ek stuur maar ‘n pakkie en ‘n soen aan my liefling by die see
Jy is my liefling by die see

Laai vir my ‘n pakkie af daar by 48 Katjiestraat
En bel gerus na middernag as jy bang is en met my wil praat
Sondae middae stort ek wel ‘n traan
Duisend myl uitmekaar kyk ons saam na die omnibus van Sewende Laan en

As ek verlang dan troos ek myself
Jy sit net onder in die straat
Oe en ek sit hierbo maar my hart is by jou waar die punt van die N1 en die Kaap

Hier vanaf Jo'burg is afstand
Ja die laaste ding wat ek jou wil gee
So ek stuur maar ‘n pakkie en ‘n soen aan my liefling by die see
Jy is my liefling by die see
Jy is my liefling by die see
Ek soek my liefling by die see

En elke keer as jy hier weggaan veg ek my behoud
Want sodra jy weg is is my lyf nog warm
Maar my hart is so koud
Oe so koud, as ek verlang dan troos ek myself
Jy sit net onder in die straat
Oe en ek sit hierbo maar my hart is by jou waar die punt van die N1 en die Kaap

Hier vanaf na Jo'burg is afstand
Ja die laaste ding wat ek jou wil gee
So ek stuur maar ‘n pakkie en ‘n soen aan my liefling by die see
Jy is my liefling by die see
Nou sit my liefling by die see
Jy is my liefling by die see, oe oe

Canzoni più popolari di Pieter Smith

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)