Hier By Jou Suid-Afrika

Wys my nog ‘n see kus begrawe in die blou
Wys my nog ‘n laeveld waar berge om jou vou
Wys my nog iets mooier as jy kan beter kry
En ek wys jou die wêreld waar ek bly

Strande is my woning, rotse is my huis
Vlaktes is my voorstoep en berge my kombuis
Waar ‘n ritsel in die skemer oor die doringbome gly
Sal die stilte vir jou fluister, dis hier waar jy wil bly

Hier by jou Suid Afrika
Nêrens is daar mooier as hier waar ek nou staan
Hier by jou Suid Afrika
Mag die winde wat hier dwaal my altyd dra
Altyd dra

Lower is die bome helder is die see
Nêrens is daar mooier as wat dié land jou kan gee
Waar ‘n wilger voor die maan buig en die eikebome troon
Sal die stilte vir jou fluister, dis hier waar jy wil woon

Hier by jou Suid Afrika
Nêrens is daar mooier as hier waar ek nou staan
Hier by jou Suid Afrika
Mag die winde wat hier dwaal my altyd dra

Altyd dra oor ‘n vlakte waar vaalbosse woon, oor ‘n tuin waar die dag in die stilte kan droom
Oor ‘n wind waar die lig deur die donker breek in die nag
As die vreemde jou roep en jou voetspore dalk in ‘n verre land verdwaal
Sal die stilte wat hier woon jou altyd dra
Altyd dra

Hier by jou Suid Afrika
Nêrens is daar mooier as hier waar ek nou staan
Hier by jou Suid Afrika
Mag die winde wat hier dwaal my altyd dra

Hier by jou Suid Afrika
Nêrens is daar mooier as hier waar ek nou staan
Hier by jou Suid Afrika
Mag die winde wat hier dwaal my altyd dra

Hier by jou Suid Afrika
Nêrens is daar mooier as hier waar ek nou staan
Hier by jou Suid Afrika
Mag die winde wat hier dwaal my altyd dra
Altyd dra
Suid Afrika

Canzoni più popolari di Pieter Smith

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)