Fak Keurspel [Live]

O, ek het 'n perd, 'n blink vosperd met 'n splinternuwe saal
En ek klim op my perd, my blink vosperd, en ek kom om jou te haal
Want jy het gesê as ek jou wil hê dan moet ek jou kom haal
Op my mooi ryperd my blink vosperd met 'n spliternuwe saal

Daar's 'n hoender wat 'n eier nie kan lê
Daar's 'n hoender wat 'n eier nie kan lê
Oe daar's 'n hoender wat 'n eier nie kan lê
En dis die haan wat op die kerk se toring staan

En dis die haan, o dis die haan
Ja dis die haan wat op die kerk se toring staan
En dis die haan, o dis die haan
Ja dis die haan wat op die kerk se toring staan

Dis julle wat die wind, dis julle wat die wind, dis julle wat die wind laat waai
Dis julle wat die wind, dis julle wat die wind, dis julle wat die wind laat waai
Dis 'n bobaadjie dis 'n onderbaadjie, dis 'n onderstebo baadjie
Dis 'n bobaadjie dis 'n onderbaadjie, dis 'n onderstebo baadjie

My Sarie Marais is so ver van my hart
Ek hoop om haar weer te sien
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon
Nog voor die oorlog het begin

O bring my terug na die ou Transvaal
Daar waar my Sarie woon
Daar onder in die mielies by die groen doring boom
Daar woon my Sarie Marais
Daar onder in die mielies by die groen doring boom
Daar woon my Sarie Marais

Daar in Potchefstroom staan 'n mooi ou wilgerboom
Met twee name in sy stam daaruit gesny
Daar het ons ontmoet die ontmoeting was so soet
Ja daar het ons mekaar eers lief gekry

Die jare het gekom en die jare het gegaan
Maar net soos die wilger het ons liefde steeds bly staan

So nou en dan gaan ek en my vroutjie na die plek
Dis net soete-soet herinnering of so
Dan sien ek weer my nooi is vandag nog net so mooi
By die wilgerboom daar in ou Potchefstroom

Hoe ry die boere sit sit so sit sit so sit sit so
Hoe ry die boere sit sit so sit sit so hoera
Die Kaapse nooi sê tingelingeling tingelingeling hoera
Die Kaapse nooi sê tingelingeling tingelingeling hoera

Hoe ry die boere sit sit so sit sit so sit sit so
Hoe ry die boere sit sit so sit sit so hoera

Dit was op my kombers en jou matras en daar lê die ding
Ja jy sê daar lê die ding, ja jy sê daar lê die ding
Dit was op my kombers en jou matras en daar lê die ding
Daar lê die ding, daar lê die ding

Oh we are marching to Pretoria
Pretoria Pretoria
Oh we are marching to Pretoria
Pretoria hooray

Bobbejaan, hy klim die berg
So haastig en so lastig, bobbejaan klim die berg
So haastig en so lastig, bobbejaan klim die berg om die boere te vererg
Hoera vir die jollie bobbejaan

O, moenie huil nie, o moenie treur nie
Want die Stellenbos se boys kom weer
O, moenie huil nie, o moenie treur nie
Die Stellenbos se boys kom weer

O, moenie huil nie, o moenie treur nie
Ja want die Stellenbos se boys kom weer
O, moenie huil nie, o moenie treur nie
Die Stellenbos se boys kom weer

Canzoni più popolari di Pieter Smith

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)