Elandsbaai Se Groot Bye

Jare lank gelede langs ‘n sandveld baai is ‘n kind gebore waar die malgas draai
Op ene kombers vir ‘n doek gedraai die stoot pram verruil vir ‘n Venterwa

So is die lewe ja so is die lot en so het ‘n tyd voor ons groot geword
Gereeld het mens om hom gedrom ja hulle het gedink hy's ‘n lugballon

Elandsbaai het sy eie groot vyf
Is leeu buffel olifant renoster en Dave
Sewe galjoene en ‘n stoepkoppie braai en vir nagereg twee hoenders en ‘n wit taai pie

Die skool was moeilik en die skool was swaar tot die rugby onnie hom voor die stoepie gewaar
Drie maande later draf hy uit pure man as die haker en die stutte van die eerste span

Elandsbaai het sy eie groot vyf
Is leeu buffel olifant renoster en Dave
Sewe galjoene en ‘n stoepkoppie braai en vir nagereg twee hoenders en ‘n wit taai pie

Hy laai toe sy bakkie met ‘n halfton bier hy’t sopas matriek op sy gat deurgeskuur
Maar net soos Dave langs die see ontspan word hy see in gerol deur ‘n green peace span

Soos elke gedierte na ‘n wyfie vry het ou Dave ook ‘n deksel vir sy pot gekry
Haar naam was Anna, hy’t haar hart gewen maar sy’t g’n ander plek as voor die stoof geken

Elandsbaai het sy eie groot vyf
Is leeu buffel olifant renoster en Dave
Sewe galjoene en ‘n stoepkoppie braai en vir nagereg twee hoenders en ‘n wit taai pie

Jare later is ou Dave toe heen elke mens op ons dorp het oor hom geween
Met ‘n forklift sy kis op ‘n trok gelaai maar die draers op ons dorp was te yl gesaai

Elandsbaai het sy eie groot vyf
Is leeu buffel olifant renoster en Dave
Sewe galjoene en ‘n stoepkoppie braai en vir nagereg twee hoenders en ‘n wit taai pie

Elandsbaai het sy eie groot vyf
Is leeu buffel olifant renoster en Dave
Sewe galjoene en ‘n stoepkoppie braai en vir nagereg twee hoenders en ‘n wit taai pie
Vir nagereg twee hoenders en ‘n wit taai pie, en vir nagereg twee hoenders
En ‘n wit taai pie

Canzoni più popolari di Pieter Smith

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)