Ek Wil Alles Van Jou Weet

Hou jy van die see en van die somer?
Is jy altyd wakker of ‘n dromer?
Het iemand jou hart gesteel en wat is jou sterre beeld vertel vir my?

Sou jy op ‘n eiland graag wil woon?
Het jy toe jy klein was groot gedroom?
Het jy baie uitgegaan was jy skaam of selfvoldaan vertel vir my, vertel vir my

Ek wil alles van jou weet en van jou drome jou gewete
Jou gedagtes jou verlede
Vertel my wat jy doen en dink het jy al jouself gevind?

Ek wil alles van jou hoor en watter dag is jy gebore?
Is jou hart heel of gebroke?
Weet jy waarom ek dit vra want ek sou jou hart in my wil dra

Hou jy van die wind en van die see?
Vind jy my voorbarig of verleë?
Vind jy my dalk liefdevol gee my antwoord as jy wil vertel vir my

Luister jy na helde of na mense?
Lewe jy met wete of in wense?
Is jy hartseer is jy bang wat verwag jy van ‘n man vertel vir my, vertel vir my

Ek wil alles van jou weet en van jou drome jou gewete
Jou gedagtes jou verlede
Vertel my wat jy doen en dink het jy al jouself gevind?

Ek wil alles van jou hoor en watter dag is jy gebore?
Is jou hart heel of gebroke?
Weet jy waarom ek dit vra want ek sou jou hart in my wil dra

Ek wil alles van jou weet en van jou drome jou gewete
Jou gedagtes jou verlede
Vertel my wat jy doen en dink het jy al jouself gevind?

Ek wil alles van jou hoor en watter dag is jy gebore?
Is jou hart heel of gebroke?
Weet jy waarom ek dit vra want ek sou jou hart in my wil dra

Ek wil alles van jou weet en van jou drome jou gewete
Jou gedagtes jou verlede
Vertel my wat jy doen en dink het jy al jouself gevind?

Ek wil alles van jou hoor en watter dag is jy gebore?
Is jou hart heel of gebroke?
Weet jy waarom ek dit vra want ek sou jou hart in my wil dra

Canzoni più popolari di Pieter Smith

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)