Eendag Weer

Vir elke wolk wat hang
Is daar ‘n silwer rand
Vir elke donker nag
Is daar ‘n lig wat brand

Daar is ‘n hand wat troos
Vir elke traan wat val
Daar is ‘n ster wat skyn
Vir elke donker maan

Sien jou dalk eendag weer
Sien jou dalk eendag weer
Dalk in ‘n ander land
Dalk langs ‘n vreemde strand

Sien jou dalk eendag weer
Sien jou dalk eendag weer
Maar voor ek gaan sê ek
Vir nou eers goodbye

Vir elke vreemde taal
Is daar ‘n vreemde land
Daar is ‘n skaduwee
Vir elke son wat brand

Vir elke oseaan
Is daar ‘n strand wat blink
Vir elke eensaam aand
Dalk een wat aan jou dink

Sien jou dalk eendag weer
Sien jou dalk eendag weer
Dalk in ‘n ander land
Dalk langs ‘n vreemde strand

Sien jou dalk eendag weer
Sien jou dalk eendag weer
Maar voor ek gaan sê ek
Vir nou eers goodbye

Sien jou dalk eendag weer
Sien jou dalk eendag weer
Dalk in ‘n ander land
Dalk aan die ander kant

Sien jou dalk eendag weer
Sien jou dalk eendag weer
Maar voor ek gaan sê ek
Vir nou eers goodbye

Sien jou dalk eendag weer
Sien jou dalk eendag weer
Maar voor ek gaan sê ek
Vir nou eers goodbye

Canzoni più popolari di Pieter Smith

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)