Die Mannetjie

Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie
Hy is so klein en so skraal
Hy swaai 'n ou klein koffiekannetjie
En stap na sy werk vir die honderdste maal

Langs die bome en blink watervore
Sing hy so ver as hy gaan
Want gister is 'n baba gebore
En hy is die vader daarvan

Sy naam is Bart Kasper de Kompaan
En hy dink aan 'n naam vir sy seun
Freek Jasper en Sarel kan dalk gaan
Maar Gotliep Antonie staan hom beter aan

Ongelukkig verwag sy ou vader
Dat die kind na sy oupa moet heet
Ja, Donderberg van Gorrelberg van Staden
En daarby Kasparus Bart Keet

Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie
Hy is so klein en so skraal
Hy swaai 'n ou klein koffiekannetjie
En stap na sy werk vir die honderdste maal

Langs die bome en blink watervore
Sing hy so ver as hy gaan
Want gister is 'n baba gebore
En hy is die vader daarvan

Ja, gister is 'n baba gebore
En hy is die vader daarvan

Canzoni più popolari di Pieter Smith

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)