Daisy De Melker

Deur die fluister van ons sale huise tronke hospitale
Kom die ego van haar spore nooit tot rus
Uit die oog van die verbeelding en die vrese vir die vreemde
Word die vlam van haar verlede nooit geblus

Op die wieke van die winde is haar naam altyd te vinde
Soos ‘n droom wat in die werklikheid gebeur
Uit die oog van die behouer word haar sinne ook nooit ouer
Selfs die ritme van die dood kon haar nie keer

Daisy Daisy Daisy was jou lewe soms crazy?
Daisy Daisy Daisy was jou lewe soms laf?
Maybe maybe maybe rus jy al lankal Daisy
Of maybe maybe loop jy rond vanaand

In die ritsel van die blare onveranderd deur die jare
Word die lig van jou verlede nooit gedoof
In die donker van die skadus hoor jou siel nooit agter tralies
Deur die sonde van die rustigheid beroof

In die palm van jou hande lê die lewe van ‘n ander
Jy’t die bose vir die ewigheid verruil
So mans wees nooit gerus nie en moet nooit jou vrou laat huil
Want daar’s ‘n Daisy wat in elke kwaai vrou skuil

Daisy Daisy Daisy was jou lewe soms crazy?
Daisy Daisy Daisy was jou lewe soms laf?
Maybe maybe maybe rus jy al lankal Daisy
Of maybe maybe loop jy rond vanaand

Deur die fluister van ons sale huise tronke hospitale
Kom die ego van haar spore nooit tot rus
Uit die oog van die verbeelding en die vrese vir die vreemde
Word die vlam van jou verlede nooit geblus

In die palm van jou hande lê die lewe van ‘n ander
Jy’t die bose vir die ewigheid verruil
So mans wees nooit gerus nie en moet nooit jou vrou laat huil
Want daar’s ‘n Daisy wat in elke kwaai vrou skuil

Daisy Daisy Daisy was jou lewe soms crazy?
Daisy Daisy Daisy was jou lewe soms laf?
Maybe maybe maybe rus jy al lankal Daisy
Of maybe maybe loop jy rond vanaand

Daisy Daisy Daisy was jou lewe soms crazy?
Daisy Daisy Daisy was jou lewe soms laf?
Maybe maybe maybe rus jy al lankal Daisy
Of maybe maybe loop jy rond vanaand

Canzoni più popolari di Pieter Smith

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)