Gipsy In Jou Oë

Ek hou nogal van jou
En jou liggaam is okay
Die plek waar jy nou woon is nogal nice vir my

Dis fine as jy hier rond is
Ek like jou
Dit kan jy maar glo
Maar ek's net werklik verlief
Op die gypsy
In jou oë

Ek's crazy, crazy, crazy, al my vriende sê ook so
Maar dis nie my skuld nie, wat wo
Is daai gypsy in jou oë

Daar's altyd koffie op jou rak en lekker goed in jou kombuis
Jy maak my stadig mak, maar ek raak net meer uitgespace
Hoe meer jy stilsit, hoe meer wil ek weghol saam tot waar ons so windvry kan wees
Voëls wat ver vlieg soos daai gypsy in jou oë

Elke mens het ‘n obsessie
En myne is nie jy nie
Maar troos jou daaraan donker kind
Ek hoef nie verder te ry nie
Want iewers, iewers tussen ons maak ‘n fantasy my skoon bewoë
Dis daai vreemde mens diep in jou
Dis daai gypsy in jou oë

Ek's crazy, crazy, crazy, al my vriende sê ook so
Maar dis nie my skuld nie, wat wo
Is daai gypsy in jou oë

Jou gesprekke is heel gangbaar, jou company is nice
Ek hou van saam uitgaan en saans ruik jy na sugar en na spice
Maar jy bly ‘n pel, niks meer nie, my die feelings is maar sus en so
Tot die oomblik dat ek connect met daai gypsy in jou oë

Jy dink dat ek jou liefhet
Want ek volg jou waar jy gaan
Maar ek wag vir daardie oomblik
Total eclipse van son en maan

Ek’s verslaaf aan toorkunste
Magic van onder of van bo
Ja, ek hou die hele aand dop net vir daai gypsy
Daai gypsy in jou oë

Ek's crazy, crazy, crazy, al my vriende sê ook so
Maar dis nie my skuld nie, wat wo
Is daai gypsy in jou oë

Ek vra my dikwels af waar die wonderwerk vandaan kom
Is dit wingerd in die Boland of 'n mite in beton
Hoe kan jy so ver wees en so naby tegelyk, ja, so 'n raaisel van 'n tweeling
Wie is die gypsy
In jou oë

Canzoni più popolari di Piet Botha

Altri artisti di