Die Kind [Read by Lauren Steenkamp]

Ingrid Jonker

Die kind is nie dood nie
Die kind lig sy vuiste teen sy moeder
Wat Afrika skreeu skreeu die geur van vryheid en heide
In die lokasies van die omsingelde hart
Die kind lig sy vuiste teen sy vader
In die optog van die generasies
Wat Afrika skreeu skreeu die geur
Van geregtigheid en bloed
In die strate van sy gewapende trots

Die kind is nie dood nie
Nòg by Langa nòg by Nyanga
Nòg by Orlando nòg by Sharpville
Nòg by die polisiestasie in Philippi
Waar hy lê met ‘n koeël deur sy kop

Die kind is die skaduwee van die soldate
Op wag met gewere sarasene en knuppels
Die kind is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings
Die kind loer deur die vensters van huise en in die harte van moeders
Die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals
Die kind wat ‘n man geword het trek deur die ganse Afrika
Die kind wat ‘n reus geword het reis deur die hele wêreld

Sonder ‘n pas

Curiosità sulla canzone Die Kind [Read by Lauren Steenkamp] di Matte SEXWAVE

Quando è stata rilasciata la canzone “Die Kind [Read by Lauren Steenkamp]” di Matte SEXWAVE?
La canzone Die Kind [Read by Lauren Steenkamp] è stata rilasciata nel 2019, nell’album “VYFTIEN ”.
Chi ha composto la canzone “Die Kind [Read by Lauren Steenkamp]” di di Matte SEXWAVE?
La canzone “Die Kind [Read by Lauren Steenkamp]” di di Matte SEXWAVE è stata composta da Ingrid Jonker.

Canzoni più popolari di Matte SEXWAVE

Altri artisti di