Voel Niks Vir Jou

Ek moes lankal omdraai
Maar ek het te veel tyd en energie in hierdie ‘n bodemlose put gegooi
Gehoop ek vul ‘n leemte
Maar ek was omring deur mense wat gered moet word hul hele lewe

So waar trek mens dan die lyn
Ons almal moet seker breek voor ons weer terug keer na ons volle bewussyn
Ewe skielik trek jy my uit
En my perspektief verander toe ek dinge vir die eerste keer van ver af kyk

Nog ‘n laat aand
Steek nog een aan
En as jy my dan nou vra wat gaan aan
Sou ek dalk lieg
En sê ek voel niks vir jou

Maar ek sal hier bly staan
Tot jy nou oop maak
En as jy my dan nou vra wat gaan aan
Sou ek dalk lieg
En sê ek voel niks vir jou

Altyd gesoek na eldorado
Maar ek kon dit by jou vind as ons net hier sit op Van Hunks se voorstoep
En al die liedjies wat ons dronk sing
Die charisma in jou oë kon my vir ‘n oomblik weer terug aan die lewe bring

Nog ‘n laat aand
Steek nog een aan
En as jy my dan nou vra wat gaan aan
Sou ek dalk lieg
En sê ek voel niks vir jou

Maar ek sal hier bly staan
Tot jy nou oop maak
En as jy my dan nou vra wat gaan aan
Sou ek dalk lieg
En sê ek voel niks vir jou

Tussen al die drama wat gebeur op hierdie tranedal
Die sand tussen ons tone
Ons klere kurk droog
Met die son wat sak hier op Bakoven
En die res van hulle hardloop om in te spring

Nog ‘n laat aand
Steek nog een aan
En as jy my dan nou vra wat gaan aan
Sou ek dalk lieg
En sê ek voel niks vir jou

Maar ek sal hier bly staan
Tot jy nou oop maak
En as jy my dan nou vra wat gaan aan
Sou ek dalk lieg
En sê ek voel niks vir jou
En sê ek voel niks vir jou

Canzoni più popolari di Loki Rothman

Altri artisti di Pop rock